African sunset

The View Lodge

Mabalingwe Reservaat
The View Lodge exterior
Welkom in Mabalingwe Reservaat

Onvergeetlike vakansie in die bos

The View Lodge bied verblyf op 'n heuwel in die Groot 5 Mabalingwe-wildreservaat, 'n malariavrye gebied net 130 km vanaf Pretoria. Hierdie selfsorghuis spog met ongelooflike uitsigte oor die dam en die berge en is perfek vir natuurliefhebbende gesinne of paartjies wat op soek is na 'n romantiese wegbreek. Sien die seekoeie vanaf die stoep en luister na die leeu se vroeë oggendgebrul en die visarend se roep. Die View bied selfsorgverblyf in 'n lieflike drieslaapkamerhuis wat 'n maksimum van 6 volwassenes en 2 kinders kan akkommodeer. Die huis is toegerus met 2 lugversorgings. Die huis beskik oor 'n privaat boma vir 'n braai onder die sterre en 'n privaat swembad om in af te koel.

Geriewe

Wat om te verwag

Die huis is toegerus met die volgende geriewe om jou verblyf so gemaklik moontlik te maak

Slaap 8

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n romantiese bad. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, en albei slaapkamers het uitsigte oor die dam. Die derde slaapkamer het twee enkelbeddens en 'n koningingrootte-bed.

3 Badkamers

Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met n stort. Daar is ook 'n tweede badkamer met 'n stort in die huis. Daar is ook 'n buite badkamer met n stort en toilet.

Boma en Onderdak Braai Area

Boma braai area vir gesellige aandetes en kuier onder die sterre. Asook n onderdak braai area vir alle weertipes.

Onderdak Parkering

Veilige onderdak parkering beskikbaar vir 2 voertuie. En genoeg spasie vir ekstra voertuie buite.

Ruim Stoep Area

Ruim stoep area met n pragtige uitsig op die dam. Reg voor die die stoep is a watergat waar baie diere gereeld kom drink.

Privaatheid

Die huis is geleë in 'n rustige area van die reservaat wat volle privaatheid en stilte bied. Ideal vir paartjies wat lus is vir n romantiese wegbreek.

Swembad met n Uitsig

Privaat swembad om in af te koel met 'n asemrowende uitsig oor die dam en die berge.

Wifi

Gratis WiFi beskikbaar vir die gaste wat op die stoep wil kom werk.

DStv

Volle DStv beskikbaar in die leefarea sodat geen rugby wedstryd gemis word nie.

Die Reservaat

Mabalingwe Groot 5 Reservaat

Mabalingwe is 'n privaat wildreservaat van 12,000 hektaar naby Bela-Bela, Limpopo. Slegs 130 km vanaf Pretoria, bied die reservaat 'n vinnige naweek wegbreek.

Swembad

Buiten die huis se swembad is daar verskeie ander swembaddens in die reservaat waarvan een n warm water swembad is.

Ontspanningsarea

Die hoof ontspannings area bied die volgende: Paddlebaan, Putt-Putt, Squashbaan, Tennisbaan, Tafel Tennis, Kinderspeelarea, Aksiekrieket Baan, Pooltafel, Groot Skaakstel ens. Alles is gratis behalwe die paddle.

Restaurante

Daar is verskeie eetplekke in die reservaat. Le Fera restaurant is geleë op 'n koppie met 'n pragtige uitsig op 'n dam. Boeretroos Koffie winkel by die ontspannings area is perfek vir 'n vinnige middagete. Wegneemetes is ook by die karavaanpark beskikbaar

Winkels

Daar is twee winkels in die reservaat waar gaste basiese items kan koop soos kos, drankies, hout en ander benodighede.

Roofdier Park

Die reservaat het n roofdier park waar gaste leeus, luiperds en ander roofdiere van n veilige afstand kan besigtig. Toere vind Woensdae en Sondae plaas wanneer die diere gevoer word.

Wildritte

Oggend en aand wildritte word daagliks aangebied. Dit kan by die ontvangs en karavaanpark bespreek word. Gaste kan ook gratis met hul eie voertuie die reservaat verken.

Kalahari Oasis

Die Kalahari Oase is n gewilde kroeg in die bos waar gaste vermaak word met afrikaanse musiek terwyl hulle n drankie of iets te ete geniet.

Spa

Die reservaat het n dag spa waar gaste kan ontspan terwyl die opgeleide terapeute hulle bederf.

Gholfbane

Daar is twee bekende gholfbane naby die reservaat. Elements grens aan Mabalingwe en Zebula is slegs 20 minute se ry weg.

Kontak Ons

Bespreek op Whatsapp

Bespreek nou op Whatsapp of skakel ons vir 'n onvergeetlike bos ervaring. Ons sien uit om van jou te hoor!

Ligging

Mabalingwe, Limpopo, South Africa

Kontak

083 468 4231

Michelle van der Linde

Ons Ander Lodge

Verken Ons Ander Mabalingwe Lodge

Chill-n-biki Lodge
Mabalingwe

Chill-n-biki Lodge

8 Gaste

Kom besoek Chill-n-biki waar jy tussen die diere kan ontspan en die natuur kan geniet. Hierdie lodge bied 'n unieke ervaring waar jy heeldag omring is deur al die diere wat kom kuier.

Bekyk Eiendom